‘n Romantiese aand in ‘n hoogs ongewone plek

0
680
Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Bernice West sal op die aand vermaak verskaf.

Wou jy al ooit die klassieke 1955 Walt Disney-animasierolprent, The lady and the tramp, herleef of net ‘n romantiese aandete saam met jou geliefde en “viervoetige kind” deurbring? Wel, nou kan jy presies dit doen tydens die Lady and the Tramp Night, wat deur die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging aangebied word.

Volgens die DBV se Reinet Meyer gaan hulle die dierehokke omskep in ‘n romantiese plek waar paartjies, vriende of gesinne ‘n ete kan geniet. “Elke ou het sy hokkie waar hulle die aand kan geniet met ‘n spesiale ete en dan later die Bernice West ‘show’ kan kyk,” sê Meyer. ‘n Verskeidenheid pakkette is beskikbaar, onder andere ‘n pakket vir ‘n VIP-hok.

Troeteldiere is welkom om die aand saam met hulle “mense ouers” te geniet. The lady and the tramp night vind plaas op 12 Februarie.

Vir meer inligting skakel 051 447 3801, stuur ‘n e-pos aan manager@bloemfonteinspca.co.za, of besoek die DBV se kantore by McGregorstraat 25, Oos Einde.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za