‘n Pinkster-konsert vir die boeke

0
1120
Bishop Lowellyn Maasdorp

“Ek het deur die pandemie gesien hoe die Here ons beskerm en toevou met sy liefde en ek wil graag dankie sê deur sang en musiek,” sê Bishop Lowellyn Maasdorp, die aanbieder van die Getroue God-konsert.

Tydens die inperking het Maasdorp ‘n liedjie geskryf “Getroue Getroue” toe “als so wanhopig gelyk het. Die Here het toe gewys dat hy regtig getrou is,” sê hy. Die Getroue God-konsert spog met ‘n lang lys kunstenaars. “Niemand moet dit mis nie; ons gaan selfs nuwe liedjies sing,” sê Maasdorp.

Kunstenaars soos Elwira Standili, Leo Dos Santos, Jeanete Radebe, Gerald C Julies en Bishop Lu sal optree. Maasdorp vertel dat hierdie nie net ‘n konsert is nie maar ‘n projek wat die gemeenskap die geleentheid sal gee om weer lekker die Here te aanbid. “Kom een, kom almal – dit gaan wonderlik wees,” sluit Maasdorp af.

“Getroue God” vind plaas op 5 Maart by Kleinhoewe 2, Maxley Kleinhoewe in Bloemfontein. Kaartjies is R60 (enkel) of R100 (dubbel). Vir meer inligting, kontak 081 445 6943.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za