’n Nuwe tweedehandse winkel vir Childline

0
1233
Die persone wat betrokke is by die winkel is van links: Marietha le Roux (direkteur), Charlene Maritz (koördineerder) en Lize du Plooy (bemarking).

Childline Free State beoog om binnekort hul nuwe tweedehandse winkel by die Childline kantoor in Arboretum oop te maak. Daar bestaan reeds ‘n geruime tyd ‘n behoefte aan tweedehandse babaklere en-speelgoed en boeke en Childline FS het besluit om hierdie behoefte aan te spreek.

Die winkel sal bekend staan as Ramatheola 4 Kids.

Volgens Lize Du Plooy, Childline FS se Volhoubaarheidsbestuurder, het die organisasie tweedehandse items van die publiek ontvang en die totstandkoming van die winkel het ‘n werklikheid geword. “Dit is belangrik om onder die aandag van die publiek te bring dat ons allereers in die behoefte van ons kinders en gesinne sal voorsien en dat hulle die items steeds gratis sal ontvang.”

Du Plooy sê dat Childline se dienslewering aan hulle kliënte steeds proiriteit bly. “Geen nuwe klere sal verkoop word nie, maar tot die voordeel van die wat dit nodig het, gebruik word. Die opbrengs van die winkel word teruggeploeg in die ander behoeftes wat ons kinders en gesinne ervaar.”

Childline doen ‘n beroep op die publiek om tweedehandse items aan hulle te skenk en om die winkel te ondersteun. Hou die organisasie se Facebook-blad dop vir meer inligting oor die amptelike bekendstelling of kontak Lize du Plooy by 051 430 3311.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za