‘n Musiekfees om na uit te sien

0
311
Amira Willighagen

Wêreldgehalte-kunstenaars gaan saam met plaaslike verhoogpersoonlikhede saamspan om ‘n konsert soos geen ander na die Rosestad te bring. Die Brandfort NG Kerk se Klassieke Fees (Classical Festival) is vanjaar op pad na Bloemfontein, wanneer Grey-kollege Sekondêr en SPS Brandfort se skoolkore ‘n verhoog gaan deel met bekende kunstenaars soos Amira Willighagen, Jannie Moolman en Jan Elsenaar.

Volgens Stefan Schoeman, mede-organiseerder, sal die gehoor trakteer word met wêreldklas-stemme, solo’s van elke kunstenaar afsonderlik en duets met orrelbegeleiding soos nog nooit tevore gehoor nie.

Jannie Moolman

“Ons beloof ‘n aand vol verrassings, wat konsertgangers op die punt van hul sitplek sal hou. Die kore dra by tot die atmosfeer en het as doel om aan elke leerder ‘n verrykende deel ervaring te bied as deel van hul musiekopvoeding en rypwording as volwassenes,” sê Schoeman.

Sopraan, Amira Willighagen, van Nederlandse afkoms, tree vir die eerste keer op saam met tenoor, Jannie Moolman, en Jan Elsenaar, mede-Nederlander en bekende orrelis en orrelbouer van formaat.

Volgens Schoeman is die NG Moedergemeente Brandfort verbind tot die bevordering van hoogstaande musiek en sang deur uitmuntende sangers en kore.

“Dit gaan oor die hoop en vertroue dat die fees so suksesvol sal wees, dat Bloemfontein en die Vrystaat dit sal herroep as een van die hoogtepunte van die jaar.”Die fees vind plaas op 5 Oktober 2019 by die Kopanong-ouditorium van die Universiteit van die Vrystaat en begin om 19:00. Kaartjies kos tussen R100 en R250 en is beskikbaar by Computicket, Shoprite, Checkers, Checkers Hyper, OK Furniture en Usave onder NG Kerk Brandfort Classical Festival.

Vir enige navrae, kontak Annemie van der Meulen by 084-760-0324 of stuur ‘n e-pos met navrae na khima.inez@gmail.com.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za