‘n Gesellige aand vir gin-liefhebbers beplan

0
1013
Gin tonic cocktails in wine glasses on bar counter in pup or restaurant.

Inwoners van Bloemfontein kan uitsien na ‘n gesellige aand op 6 Augustus by die East End Breweries waar ‘n gin proe-aand gehou gaan word.

Dit is die tweede keer wat so ‘n geleentheid aangebied word, alhoewel die eerste een ‘n bier en kos feesmaal was. “Die eerste geleentheid was ‘n groot sukses en het uitverkoop. Ons wou net 40 kaartjies verkoop, maar ons moes toe plek maak vir nog ses mense wat graag die aand wou bywoon,” sê Carel van Aswegen, ‘n vennoot en hoofbrouer en distileerder.

Mense kan uitsien na ‘n driegang maaltyd wat saam met die gin voorgesit sal word. Daar sal geregte soos garnaalsosaties, fillet Rosinni en vanielje panna cotta saam met verskeie gin geure bedien word.

Bederf jouself, ‘n vriend of metgesel teen R550 per persoon. Vir meer inligting kontak 079 140 2296.

Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za