E Copy

Date:

’n Boekvoordrag gehou in die Afrikaanse tradisie van Erfenismaand

Die argitek, Fanie van Jaarsveld, bied op Saterdag 17 September 2016 om 10:00, in die gees van Erfenismaand ’n boekvoordrag met die tema “Bewaar! Bewaar!” asook pragtige musieksnitte uit die era van die Tweede Wêreldoorlog by Naln aan.

‘n Beperkte oplaag van Van Jaarveld se boeke word te koop aangebied ten bate van Vriende van Naln.

Die Vriende van Naln se “Boekemark in die Ketelkelder” is oop vanaf 11:00.

 

Tydens die verrigtinge sal Van Jaarveld die inhoud van vyf van hul boeke kortliks toelig en terselfdertyd ‘n versameling navorsingsmanuskripte aan Naln skenk.

 

Sedert aftrede uit hul onderskeie beroepe het Fanie en Johanna van Jaarsveld besonderhede van ons volkslewe begin aanteken vir die nageslag. Die vorige en huidige geslagte is aan uitsterf, wat meebring dat hul kennis en ervarings nooit geboekstaaf word nie en vir altyd verlore sal wees.  Die egpaar se navorsing handel oor genealogie, geskiedenis, die Anglo-Boereoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, pioniersdae in Namibië, argitektuur, reise, koerantberiggewing, gebruiksgoedere, die omgewing en selfs modes.

Met enkellynsketse, wat deur jong kinders begryp behoort te word, illustreer Fanie self hul boeke. Menigmaal bestaan ou foto’s nie meer nie en moet uit eie geheue geput word om dinge en gebeure uit die verlede te illustreer. Vanweë die hoë drukkoste verkoop die egpaar nie hul boeke nie, maar skenk dit eerder aan navorsingsinstansies, argiewe en biblioteke, en aan persone wat hulle met hul navorsing gehelp het. (Titels aan Naln geskenk: “Grepe uit die geskiedenis van vier plaasskole”, “Bonnici”, “Hoe voer neef die van?”, “Bestemmings”, “Die vaal Plimmif”).

Vir meer inligting of om jou bywoning te bevesting stuur ‘n e-pos na vriendevannaln@gmail.com of skakel Fanie van Jaarsveld by 051-436-5909.

Parkering is beskikbaar op omheinde terrein langs Naln, vanuit Miriam Makebastraat, voorheen Elizabethstraat. (Motorwag. Beheerde toegang.)

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...