‘n Aand onder die sterre

0
837
Oud en jonk het Sentraal se Opelugkonsert terdeë geniet.

Die Hoërskool Sentraal se opelugkonsert is vroeër die maand vir die tweede opvolgende jaar aangebied en het beslis ‘n gevoel van samehorigheid geskep.
Groot name soos Dewaldt Wasserval, Bok van Blerk, Leah asook Early B, het Bloemfonteiners vermaak terwyl die gehoor lekker saamgesing het. Klein kindertjies het met groot opgewondenheid tot teen die verhoog gebondel. Die gemeensklap het hulle kampeerstoele saamgebring en in massas op die Hoërskool Sentraal se rugbyveld uitgekamp.
‘n Aand onder die sterre saam met familie, vriende en trots Suid-Afrikaanse musiek is beslis ‘n manier hoe om ‘n Vrydagaand deur te bring. “Honderde Suid-Afrikaners, wat soos een man uit volle bors saamsing, was iets om te sien,” het Alri Vorster, oudleerling van die Hoërskool Sentraal, gesê.

Zilke Prinsloo 
zilke@mahareng.co.za