Saterdag, 5 Oktober 2013
Odeion
19:30
Die personeel en studente van die OSM bied ‘n spesiale konsert met musiek van Kobie Kloppers aan.
Jacobus (Kobie) Kloppers (gebore in 1937 in Krugersdorp) het musikologie en orrel in Suid-Afrika en Kanada gegee asook verskeie orreluitvoerings, insluitende vir die SABC en CBC. Hy het al as kerkorrelis, eksaminator, komponis en orreladviseur gewerk. Kloppers het op die Organ Advisory Committee van die Winspear Centre (1994 – 2002) gedien. Hy is lid van die Canadian League of Composers, stemlid van die Canadian Music Centre, die Edmonton Composers Concert Society en ‘n Honorary Fellow van die Royal Canadian College of Organists. Sy musiekkomposisies is al uitgevoer en uitgesaai in Europa, die Amerikas, Hong Kong en Suid-Afrika.
Jacobus Kloppers was vanaf 1979 – 2008 professor in orrel en musikologie asook departementele voorsitter by die King’s University College in Edmonton (Alberta; Kanada). Ná sy aftrede in 2008 sit hy sy dienste daar voort as voltydse dosent in orrel en musikologie en is hy ook adjunkprofessor in klawerbord by die University of Alberta. Nadat hy sy voorgraadse studies en orrellisensiaat in Suid-Afrika voltooi het, hervat hy sy studies in Franfurt am Main waar hy orrel onder Helmut Walcha by die Musichochschule (1961 – 1965) en musikologie by die Johann Wolfgang Goethe University (1961 – 1966) studeer.
Sy komposisies (ongeveer 70) sluit in werke wat geborg is deur die Canada Council, CBC, die Royal Canadian College of Organists, die Marjorie Young Bell Fine Arts and Music Fund by die Mount Allison University (Sackville New Brunswick), die South African Foundation for the Creative Arts asook verskeie ander privaatborge.
Orreliste Jan Beukes, Eljee du Plooy, Luzanne Eigelaar en pianis, Cèzarre Strydom sal tydens die konsert optree.
PROGRAM:
Koraalvoorspel op Valet will ich dir geben
Koraalvoorspel op Wie gross ist des allmächtigen Güte
Pastorale op Ps 23
Koraalvoorspel op Ps 25
Inleiding en Tokkate op Lass uns Erfreuen
Partita op In Dulci Jubilo
Partita op The Old Hundredth
Dans Suite vir orrelduet
Dialektiese Fantasie
Reflections: Prologue, Variations and Epilogue
TOEGANG:
R130 (volwassenes), R90 (pensioenarisse), R50 (studente en leerders), R50 (groepbespreking van 10+)
Kaartjies beskikbaar by Computicket.
NAVRAE:
Ninette Pretorius (tel. 051 401 2504)






