DANE BEISHEIM
Die jaarlikse NAMPO Oesdag wat deur Graan SA aangebied word bied aan nuuskierige besoekers van heinde en vêr die geleentheid om hulle vingers op die pols te hou van verwikkelinge in die landbousektor van Suid-Afrika.
Díe wêreldbefaamde handelskou het vanjaar met meer as 670 uitstallers gespog, onder ander vanaf uitstallers op eie bodem, maar ook so ver as selfs die Verenigde State, Italië, Indië, Duitsland, China en Argentinië. Oor die algemeen is dit vir besoekers ‘n aangename en insiggewende ervaring om die wye verskeidenheid van landbou produkte, masjinerie, dienste en vee wat ten toon gestel word te aanskou, maar daar is ook ‘n tasbare en ontnugterende herrinering aan die werklike gevare en probleme wat lede van hierdie gemeenskap en dinamiese industrie in die gesig staat.
Benewens al die landbouverwante besienswaardighede kon besoekers by die Muur van Herinnering op Nampopark ook bulde bring aan gevalle boere en hulle gesinne wie in plaasaanvalle oorlede is. Daar is sedert die muur se onthulling in 2000, wat deur lede van die Henneman-boerevereniging befonds is, meer as ‘n duisend name van vermoorde boere aangebring.
Besoekers aan Nampo-park het tydens die pas afgelope Oesdag nóg verskeie name tot die muur toegevoeg op lyste, waarvan die name eersdaags permanent op die muur gegrafeer sal word. Leerders van die Hoërskool Henneman het vanjaar ‘n fondsinsameling vir die die boerevereniging gehou, om die instandhouding van die muur te kan verseker.
Twee sulke leerders was Annarie van der Merwe en Mariska Weppener, beide sestienjariges van die Hoërskool Henneman wie flitsies verkoop het om fondse in te samel vir die muur. “Ons geniet dit baie, en dit is vir ‘n goeie doel” het die meisies gesê.
Volgens Gys Beket van die Henneman Boerevereniging het die meisies en hul skool vriende se moeite vrugte afgewerp. “Ons kan gla nie kla nie, dit het baie goeie aftrek gekry. En in die proses leer ons die kinders iets van selfstandigheid, wat baie goed is.”