Mustangs wen in rowwe rolstoel-rugby en soek hulp

0
Mustangs wen in rowwe rolstoel-rugby en soek hulp

GEORG VAN ECK

Die Mustangs rolbalrugbyspan van die Vrystaat het sy tweede sege in die nasionale liga behaal toe die rowwe spelers (mans en vroue) in rolstoele die Eagles van Kaapstad 40-38 geklop het.
“Dit was naby, maar ’n wen is ’n wen,” het Jared McIntyre, kaptein van die Mustangs, gesê.
Die Vrystaters het wel weer daarna teen die twee top-spanne van Suid-Afrika, Tuks van Pretoria en die Bullfrogs van Oos-Londen, vasgeval, maar die Vrystaters is verheug oor hul sege teen die Kapenaars. “Ons is baie trots op ons oorwinning,” het McIntyre gesê.
Hy is veral verheug omdat sy span bykans met elke toernooi en wedstryd verbeter, want dit gee die hardwerkende spelers moed vir die toekoms. Die Mustangs het reeds weer vir die volgende toernooi begin oefen.
Fondse is die Mustangs se grootste problem, want dit is duur om die spelers en hul helpers asook hul aangepaste rolstoele oor lang afstande te vervoer.
McIntyre het pas ’n bergfietswedren in die Bagamoya Wildlife Estate bygewoon, wat deur Cyclotech gereël is om geld vir die Mustangs in te samel.
Enige instansie, sake-onderneming of maatskappy wat belangstel om die Vrystaatse Mustangs te ondersteun, kan met Jared McIntyre kontak by 051-409-2925 (kantoorure), 086-726-8385 (faks) of e-pos: jaredm@engineparts.co.za skakel.

No posts to display