Musiekliefhebber tree by Planetarium op

0
158
Adri Maryke van Heerden

Adri Maryke van Heerden kom uit ‘n musiekfamilie. Haar ma was vir jare lank musiekonderwyseres by Eunice Primary School. Sy vertel, “My ouma het my ma leer klavier speel en die liefde wat sy vir musiek gehad het, is waarskynlik na my oorgedra.”
Van Heerden gee op die oomblik musiek by die Laerskool Jim Fouché. “My eerste CD se naam is Tree Music, soos wat die konsert wat ek op 8 November aanbied ook heet.”
Volgens haar het die musiek in die konsert ‘n inheemse Amerikaans Indiaanse gevoel. Sy sê sy is veral lief vir musiek wat ‘n mens hartseer maak, diep musiek. “My liedjies het daardie gevoel van hartseer en verlange. Dit moet mens se hart bietjie oopmaak. Ek het ook al een of twee Afrikaanse liedjies geskryf,” voeg sy by. “Die feit dat ek so baie instrumente kan speel, soos kitaar, klavier, ensovoorts, maak my baie veelsydig. Ek probeer ‘n om ‘n boodskap en ‘n rustigheid deur my musiek te bring.”
Van Heerden kan op Starshare.com gevind word. Sy is ook baie betrokke op Facebook onder die naam Adri Maryke Smith.
Musiekliefhebbers van die Rosestad kan op Vrydag 8 November na Van Heerden gaan luister by die Naval Hill Planetarium, om 18:30. Haar konsert, Tree Music, sluit in self-gekomponeerde solo- en koorwerke in ‘n folk- en Indiaanse styl, wat uitgevoer gaan word deur die sangeres asook ‘n groep gaskunstenaars en lede van die bekende Bloemfontein Cathedral Singers. Deure open om 18:00 en kaartjies sal beskikbaar wees by die Planetarium op die dag, asook aanlyn op Quicket se webtuiste of by www.quicket.co.za/events/87700-tree-music. Telefoniese bespreking kan gedoen word by 072-994-4231. Kaartjies kos R70 vir volwassenes; kinders onder 13 jaar kan verniet bywoon. Vir verdere navrae, kontak die kunstenaar per e-pos by adrimaryke@gmail.com. – Heidre Malgas
heidre@mahareng.co.za