Musiekgroep van Kby tree op in Bloem

0
280
Van links is Jemonior Volgraff, John Willams, Anver Popham, Daniel Lloyd, John Smith. Voor is Thelma Smith.

Die Kimberleyse musiekgroep, Versatile, tree op Saterdag 10 Augustus in Heidedal op. Die groep is laat in 2018 gestig en bestaan uit vier musikante en ‘n klankingenieur en hoewel hulle redelik nuut in die musiekbedryf is, het hulle reeds naam vir hulself gemaak in die Noord-Kaap en die Vrystaat.

Die groep tree by verskeie plekke op en speel verskillende genres musiek; iets vir almal, en jonk en oud geniet hul musiek.

Hulle is reeds bekend vir van geestelike musiek, tot golden oldies, langarm, reggae en moderne musiek wat in die smaak van die jongmense val. Hulle tree meestal by skoolkonserte en kerkgeleenthede op. Hul grootste optrede tot dusver was by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum.

Anver Popham is bestuurder van die groep, John Williams is een van die hoofsangers en speel ook kitaar, Daniel Lloyd is baskitaarspeler, John Smith klawerbordspeler en ook een van die hoofsangers, en Jemonior Volgraff speel die tromme.

Hulle tree by E’kay’s Place by Pointsettiastraat 100, Heidedal, op van 19:00 tot 12 die aand. Die koste om hierdie musiekgroep in lewende lywe te sien beloop slegs R20 per persoon.

Daar sal ook ‘n kontantkroeg wees.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za