E Copy

Date:

Musiekdosent se innoverende toep is ‘n eerste in Suid-Afrika

Dr Frelét de Villiers, dosent in die Odeion Skool vir Musiek (OSM) aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is besig met die ontwikkeling van ‘n innoverende, interaktiewe musiektoepassing vir selfone – Notes&Fun.

Notes&Fun word ontwerp om aspirantpianiste te help. Dit sal beginners help met notasie en ritmiese patrone.

Die toep sal enkelnote, frases of ritmiese patrone op die foon of tablet vertoon en dan die ingeboude mikrofoon aanwend om die frekwensie van die note wat op die klavier self gespeel word, te meet. Dit sal aandui of jy reg gespeel het, of dit sal die korrekte note vertoon indien jy ‘n fout gemaak het. Notes&Fun bestaan uit verskeie vlakke, elk met ‘n oefen- en toetsmodule wat geleidelik moeiliker en ingewikkelder raak. In teenstelling met bestaande programme, is Notes&Fun gekonseptualiseer met onmiddellike toonhoogte-opsporing en maak gebruik van ‘n regte (akoestiese) klavier.

Vir die loodsfase van hierdie inisiatief sal Maxxor, die maatskappy in Kaapstad wat dit ontwikkel, ‘n demo-toep skep wat afgelaai kan word vir toetsdoeleindes en algemene terugvoer. Sodra die ontwikkelende maatskappy en die innoveerder tevrede is met die eerste fase, sal die produk sterk bemark word op die sosiale media. Die aanvanklike toep sal gratis wees, maar daaropvolgende vlakke sal aangekoop moet word. Die ontwikkelaars sal ‘n Facebook-blad begin waar gebruikers van die toep hulle nuutste tellings kan byvoeg en met ander gebruikers kan meeding. In die begin sal die toep slegs op die Google Play Store beskikbaar wees, omdat meer mense Android-toestelle as Apple-produkte besit. Sodra die produk as finansieel lewensvatbaar bewys is, sal die ontwikkelaars dit ook vir die Mac App Store aanpas.

“Die prag van hierdie toep is dat musiek ‘n universele taal is, dus kan dit internasionaal bemark word. Ek is ook bevoorreg dat ek die institusionele ondersteuning van die UV se Tegnologie-eenheid het ten opsigte van die regs- en ontwikkelingsproses van die produk,” het dr De Villiers gesê.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...