Musiek weerspieël sy diep kant

0
465
Frans van Staden

Die naam Frans van Staden is reeds ‘n gewilde naam in die plaaslike musiekbedryf, maar dié Bloem-juweel begin nou ook naam maak onder die groot kunstenaars op die nasionale musiektoneel.

Sy doelwitte vir nou is om die beste te maak van die geleentheid wat hy gekry het om vir bekendes in die musiekbedryf te begin skryf.

Maar Bloemfonteiners wonder nou al ‘n geruime tyd wat van die sanger van ‘Sweetie Pie’ geword het. Van Staden het aan Bloemfontein Courant verklap dat hy bietjie afgeskaal het met sy musiek om op sy werk te fokus.

Frans van Staden

“Ek is ‘n konsultant by Ideal Portal en baie van my tyd word aan die groei van dié onderneming bestee,” het hy vertel.

Hy het egter nie heeltemal van sy aanhangers vergeet nie en het onlangs twee nuwe liedjies uitgereik. “Ek is baie trots op my twee nuwe liedjies Ek groet jou en Soms. Dit weerspieël my dieper kant.”

As hy nie musiek maak of werk nie, is hy gesinsman. Hy praat ook oor die man wat hy by die werk en op die verhoog is, want dit is ook die man wat hy by die huis is. “Ek glo in balans en om jouself te wees. As jy my ontmoet by ‘n vertoning, kan jy dieselfde ou verwag by ‘n braai.”

As jy bietjie meer van Frans en sy optredes wil weet, gaan loer gerus na sy Facebookblad.
Vir besprekings kontak hom gerus by 071-266-9104. – Jeretha Oosthuizen
info@bloemfonteincourant.coza