Musiek wat staan vir universele waarheid

0
312

Die viermanorkes, Eindstryd, se missie is om musiek te maak wat staan vir die waarheid, liefde en samekoms, ongeag agtergrond of kultuur.

Die orkes, wat in Maart 2019 gestig is, bestaan uit die hoofsanger, ritme-kitaarspeler en liriekskrywer, Arend van den Berg, die hoofkitaarspeler Luther van Zyl, die baskitaarspeler en sanger Albert Victor, en Stefan Gerritzen op die tromme.

Volgens Van den Berg deel die vier lede dieselfde siening oor musiek en die mag van woorde. “Alhoewel ons verskillende agtergronde het, het elkeen van ons besef dat daar ‘n waarheidsgaping is in die stelsel waarin ons lewe,” sê Van den Berg.

Alhoewel die orkes se klank sterk na Afrikaanse punk rock neig, is hulle nie beperk tot een spesifieke genre nie. Hulle eerste EP, “Begin van die Einde”, is verlede jaar vrygestel op alle digitale platforms en die groep mik daarna om teen die einde van 2021 hul eerste album vry te stel. “Die einddoel vir Eindstryd sal wees om Suid-Afrikaners te verenig deur ons musiek, sowel as om luisteraars ‘n gevoel van veiligheid, hoop en inklusiwiteit te bied.”

Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za