Munisipaliteit: ‘Wepener-rioolprobleem is iets van verlede’

0
998

Lani Fouché

Die Naledi-munisipaliteit sê herstelwerk aan die rioolstelsel en watertoevoer in en om Wepener is suksesvol afgehandel.

Dit kom nadat riool vir etlike jare vryelik in die strate van Wepener, Qibing en Kanana gevloei het en watertoevoer na hoogliggende gebiede karig was.

DA-raadslid Mel Haddad beweer dat ná die besteding van R6 miljoen deur die munisipaliteit spandeer om lekkende rioolpype te herstel en verstopte pype skoon te spoel, lyk dit weer ses maande later dieselfde as vantevore.

Inwoners sê dit is ‘n groot gesondheidsrisiko om so tussen die riool te moet lewe, en dat dit hulle in ‘n verleentheid plaas as mens die dorp besoek.

Hy het die munisipale bestuur gevra om ‘n vergadering met die inwoners te belê om aan hulle te verduidelik hoe die R6 miljoen aangewend is.

Munisipale woordvoerder Teboho Kholoanyane hou egter vol dat alle opknappings suksesvol was en dat die riool- en waterprobleme in en om Wepener iets van die verlede is.

Foto’s verskaf