E Copy

Date:

Munisipaliteit wag nog vir terugvoer oor riool in Loch Logan Waterfront

ALZANE NARRAIN

Die Mangaung-munisipaliteit wag nog vir terugvoer oor die rou riool wat die afgelope paar dae in die meer by die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein inspoel.

Munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, sê hy het gister ‘n navraag ingedien en wag nog vir terugvoer van die betrokke departement.

Hoof van bemarking by Loch Logan, Meryl Henning, sê hulle het Saterdag opgemerk dat riool vanaf Henrystraat se kant in die water inloop en het dit dadelik by die munisipaliteit en die Vrystaatse departement van gesondheid aangemeld.

Vroeër vanjaar het luisteraars gekla oor ‘n slegte reuk rondom die water as gevolg van visse wat gevrek het. Volgens die hoof van omgewingstudies by die Universiteit van die Vrystaat, Maitland Seaman, het die visse gevrek weens reën wat organiese afval in die meer gestort het.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...