Mangaung se munisipale raad vergader vandag

0
701
Speaker van die munisipale raad van die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana.

‘n Gewone vergadering van die munisipale raad van die Mangaung-metro-munisipaliteit word vandag in die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein gehou.
Luidens ‘n kennisgewing deur die speaker van die raad, Mxolisi Siyonzana, begin die vergadering om 14:00 in die raadskamer op die eerste verdieping van die Bram Fischer-gebou.
Die speaker gee kennis hiervan in terme van die bepalings van Artikel 18(2), gelees tesame met Artikel 29(1) van die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Strukture, 1998 (Wet nr. 117 van 1998) en Reël 6.1 van die Raad se Reglement van Orde.
info@bloemfonteincourant.co.za