E Copy

Date:

Multi-miljoenrandse hospitaal se opening bespreek

Die multi-miljoenrandse Albert Nzula-hospitaal op Trompsburg – wat al vir jare klaar gebou is, maar nooit sy deure geopen het nie – gaan dalk eers volgende jaar geopen word.

ALSO READ: NEW MULTIMILLION RAND HOSPITAL NOW WHITE ELEPHANT

Die hospitaal van R380 miljoen sou oorspronklik in 2013 geopen word, maar die projek se rioolwerke was glo nie reg beplan nie. Sedertdien het die Vrystaatse Provinsiale Regering met die begin van elke jaar aangedui dat die opening sal geskied, maar die splinternuwe hospitaal se deure het toegebly.

ALSO READ: TROMPSBURG HOSPITAL REMAINS UNOPERATIONAL

Die nuwe LUR vir gesondheid in die provinsie, Butana Komphela, het egter nou aangedui dat die amptelike opening van die hospitaal dalk in November vanjaar of tydens die herdenking van Albert Nzula se dood in Januarie 2016 gaan plaasvind.  Hy het geantwoord op ‘n vraag in die wetgewer oor wanneer die hospitaal geopen gaan word.

Komphela is vroeër vandeesmaand as die LUR vir Gesondheid aangestel nadat die voormalige LUR, Benny Malakoane, na ‘n ander portefeulje verskuif is.

Cathy Dlodlo

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung to experience low pressure, supply cuts during reservoir maintenance

Residents in the Mangaung Metro are to take note...

Alice in Wonderland visits Bfn

The adaptation of the world-renowned production “Alice in Wonderland”...

Essential road safety tips for a safe Easter road trip in South Africa

As South Africans head out on their Easter road...

Man (64) arrested in Tumahole for possession of mandrax, crystal meth

A 64-year-old suspect was arrested in Tumahole following an...