Motorfietsryers se borg aansoek uitgestel

0
878

Duane Petrus – ‘n Moord aangeklaagde motorfietsryer van Bloemfontien se aansoek om borgtog is vandag in die landdroshof uitgestel.

Jakobus du Toit het na bewering die afgelope naweek ‘n ander motorfietsryer, Michael Jacobs, by ‘n plaaslike kuierplek vyf keer geskiet.

Du toit het getuig dat hy en die oorledene op ‘n stadium goeie vriende was, end at hul vriendskaap omgeveer ‘n jaar en ‘n half terug begin versuur het.

Albei het op ‘n stadium aan dieselfde motorfietsklub behoort, die Wild Bunch, maar talle lede het glo weg van hierdie klub af gebreek.

Du toit was met sigbare wonde aan sy gesig in die hof, wat vermoedelik veroorsaak is tydens ‘n geveg met Jacobs.

Hy was ook glo deur ander klante van die kuierplek aangerand na die skote afgevuur is.

Du toit se borgtog aansoek hervat volgende Donderdag. Jacobs sal intussen more veras word.