Motorfietse ry vir liefdadigheid

0
839
Round Table 158 en Rebel Conspiracy

Round Table 158 en Rebel Conspiracy het hande gevat en geld ingesamel vir liefdadigheid. Zack du Preez van Round Table 158 het aan Bloemfontein Courant gesê dat die Rebels hulle genader het nadat die Rebels die Rebel 500-rit se fondse aan die Round Table 158-groep geskenk het.

Die Rebels het ‘n tjek van R25 000 aan Round Table 158 oorhandig wat hulle weer kan skenk aan behoeftige mense of organisasies. “Dis die vyfde keer dat ons die Rebel 500-rit doen. Ons het altyd 500km gery maar dié jaar het ons 250km gery.

Al die geld wat ons ingesamel het, het ons altyd vir die SPCA hier in Bloemfontein gegee, maar hierdie keer het ons besluit om eerder die geld aan Round Table 158 te skenk sodat hulle dan ‘n organisasie of liefdadigheidsinstelling kan kies om die geld aan te skenk,” sê Wouter Kruger, nasionale president van Rebel Conspiracy.

Rebel Conspiracy het hulle geld deur die inskrywings van die motorfietsryers gemaak en daar was meer as 200 ryers hierdie jaar. Round Table 158 het nog nie besluit aan wie hulle die geld gaan skenk nie, maar sal wel vroeg volgende jaar ‘n behoeftige se 2020 spesiaal maak.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za