Motheo-studente mag steeds nie registreer nie

0
1042
Photo: Mark Steenbok
Die Studenteraad by een van die Motheo TVET-kolleges in Bloemfontein sê hulle sal voortgaan om studente te verbied om te registreer, totdat hulle antwoorde op hul griewe ontvang het.

Die president van die SR, Marumo Rakoena, het aan Courant gesê dat hulle tot Donderdag bedrywighede op die kampus sal staak. Daar word verwag dat die raad van die kollege dan terugvoer sal gee nadat hulle studente vandag op die kampus toegespreek het.

Studenteleiers eis onder meer duidelikheid oor kwessies soos befondsing, infrastruktuur, uitslae en uitstaande sertifikate.

Rakoena voeg by dat studente vanaf volgende week nie klasse sal bywoon nie totdat oplossings vir die kwessies gevind is.

Die Suid-Afrikaanse studentevereniging vir verdere onderwys en opleiding het verlede week gedreig om bedrywighede by TVET-kolleges landwyd tot ‘n stilstand te bring.

-Mark Steenbok