E Copy

Date:

Moqhaka na bewering weer sonder munisipale dienslewering

SABRINA DEAN – Munisipale dienslewering in Moqhaka het na bewering tot stilstand gekom omdat werkers weier om voort te gaan met hul pligte totdat die munisipale bestuurder bedank.
Volgens die DA se Mariette Pittaway is huidige munisipale bestuurder, Simon Mqwati, nie in besit van die nodige kwalifikasies soos aangedui deur openbare administrasie-wetgewing nie, en word hy ook onder meer van wangedrag en wanadministrasie beskuldig.
Sy sê die dorp, sy inwoners en besighede kry swaar:
"Daar word geen dienste gelewer nie, daar is gebarste pype, die riool loop oor," sê sy.
Sy sê inwoners en besighede sukkel ook om krag te koop. "Die krag by al die verskaffers is op en besighede is stelselmatig besig om op te raak,"  sê sy.
Pittaway het Moqhaka Burgemeester Jihad Mohapi gister in ‘n verklaring aangemoedig om sy verantwoordelikhede te aanvaar en teen Mqwathi op te tree.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...