Moordaangeklaagde motorfietsryer verskyn in hof

0
789

Duane Petrus – ‘n Moordaangeklaagde motorfietsryer van Bloemfontien se saak is vandag in die landdroshof vir vedere ondersoek uitgestel.

Jakobus du Toit het na bewering verlede maand ‘n ander motorfietsryer, Michael Jacobs, by ‘n plaaslike kuierplek vyf keer geskiet.

Du Toit het tydens ‘n vorige verskyning getuig dat hy en die oorledene in ‘n stadium goeie vriende was en dat hul vriendskap ongeveer ‘n jaar en ‘n half gelede begin versuur het.

Albei het in ‘n stadium aan dieselfde motorfietsklub, die Wild Bunch, behoort maar talle lede het van hierdie klub af weggebreek.

Du Toit is verlede maand op R1 000 borg vrygelaat.

Hy sal weer op 28 Desember in die hof verskyn.

Du Toit het sigbare wonde aan sy gesig gehad tydens ‘n vorige hofverskyning, wat vermoedelik veroorsaak is tydens ‘n geveg met Jacobs.

Hy was ook glo deur ander klante van die kuierplek aangerand nadat die skote afgevuur is.