Mnr. en Mej. Martie 2019 gekroon

0
562
Mnr. en Mej, Martie, Flippie Kotze en Daniela Janse van Rensburg (voor) saam met al die finaliste. FOTO: SAZLY HARTZENBERG

Die nuwe Mej. en Mnr. Martie du Plessis is gisteraand op ‘n glansgeleentheid in Bloemfontein gekroon. Die tema van die aand was die konstruksiebedryf en al die deelnemers het hul beste voetjie voorgesit.

Die skone Daniela Janse van Rensburg is as Mej. Martie gekies, Randa Erasmus as eerste prinses en Monique Pretorius as tweede prinses. Flippie Kotze is as Mnr. Martie aangewys, Katleho Makhenne as eerste prins en Ronan Opperman as tweede prins.

Die geleentheid, wat uit die boonste rakke was, is deur onderwysers, leerlinge, hul ouers en familielede bygewoon.

Die onderwyser wat die geleentheid gereël het, Janika Barker, het aan Bloemfontein Courant gesê dat hulle elke jaar leerlinge uit die  matriekklas kies vir dié kompetisie. Die leerlinge kan dan besluit of hulle wil deelneem en daar word dan gestem vir die leerlinge wat graag deel van die kompetisie wil wees.

“Vanjaar het ons agt meisies en agt seuns uit die martiekklas gehad wat deelgeneem het en van die begin af hard gewerk het. Hulle was duidelik baie opgewonde.”

Sy het verduidelik dat die leerlinge baie hard geoefen het vir die beoordeling. “Dit is regtig ‘n wonderlike geleentheid wat jaarliks deur ons skool aangebied word. Die kompetisie doen wondere vir die leerlinge se selfvertroue,” het sy vertel.

Die wenners van die kompetisie het met groot pryse weggestap, wat deur borge aan die skool geskenk is. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za