Mlamleli sê onwettige grondbesettings is diefstal

0
1093
Managung Metro Executive mayor, Olly Mlamleli. Photo: Mark Steenbok
Die Uitvoerende Burgemeester van die Mangaung-metro, Olly Mlamleli, moedig mense aan om Menseregtedag te vier, en daarmee saam is dit belangrik dat hulle weet wat hul regte is.

“Hierdie regte word in die grondwet verskans. Jy het die reg om ‘n huise te hê, jy het die reg om grond te besit, jy het die reg om deur die wet beskerm te word, en jy het die reg om deel te neem aan die ekonomie. Al hierdie regte gaan hand-aan-hand met verantwoordelikheid,” sê Mlamleli.

Sy sê egter niemand het die reg om grond, wat aan iemand anders behoort, te beset nie.

“Niemand het die reg om iets te neem wat nie aan hom of haar behoort nie. Indien jy dit doen, dan steel jy.”

Sy sê daar is  prosedures wat gevolg moet word met betrekking tot grondeise.

Mlamleli moedige gemeenskappe verder aan te onthou dat hul grondwetlike regte met verantwoordelikheid gepaardgaan.

Volgens haar moet mense betrokke wees en mekaar ondersteun en bystaan. Dít is waarom die metro verlede jaar ‘n veldtog van stapel gestuur het wat daarop gemik is om gemeenskappe aan te moedig om te weet wie hul bure is en hulle te ken. Sy sê verskeie promosiemateriaal is al beskikbaar oor die veldtog.

As gemeenskappe, en meer spesifiek bure mekaar ken, kan dit tot veiliger woonbuurte bydra.

Christal-Lize Muller- Courant News