‘Mev. Bloemfontein ‘n ontdekkingsreis’

0
1256
Die wenner van Mev. Bloemfontein 2022, Elzarie Devenish. FOTO: CHARL DEVENISH

Hierdie titel beteken vir my ongelooflik baie. Dit was wel onverwags want die groep dames waarmee ek meegeding het was almal wonderlik, so dit is ‘n groot eer.” Dit is volgens die wenner van Mev. Bloemfontein 2022, Elzarie Devenish.

Volgens Devenish was dit ‘n reis van selfontdekking. “Ek het myself baie gedruk en uitgedaag en dit het beslis vrugte afgewerp,” sê sy.

Devenish sê die kompetisie gaan oor veel meer as hoe jy lyk. Sy sê dit gaan meer oor wie jy is en wat jy vir jou gemeenskap doen. Dit is een van die hoofredes hoekom sy vir die kompetisie ingeskryf het. “Ek is ‘n ‘plus size’ vrou en ek sou nooit daaraan gedink het om vir enige soort kompetisie in te skryf nie. Maar hierdie een was anders en ek het elke oomblik daarvan geniet.”

Devenish moedig vroue aan om vir Mev. Bloemfontein in te skryf aangesien dit die beste besluit was wat sy nog geneem het. “Kom leer ‘n ding of twee oor jouself en bemagtig ander terwyl jy dit doen. Kom word deel van ‘n lewenslange susterskap.”

Volg Mev. Bloemfontein op Facebook of kontak haar by 061 471 6238 om by die organisasie betrokke te raak.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za