E Copy

Date:

Mev. Bloemfontein 2022 luisterryk gekroon

Die 18de Mev. Bloemfontein word op Vrydag 11 Maart tydens ‘n spoggeleentheid by Urth Lifestyle Farm in Bloemfontein gekroon.

Volgens die huidige Mev. Bloemfontein, Tracey Coetzee, gaan dit ‘n opwindende aand vir die finaliste wees, want almal kan nie wag om te sien wie gekroon gaan word nie. Die finaliste vir 2023 gaan ook tydens die geleentheid voorgestel word.

“Natuurlik gaan daar ook baie emosienele oomblikke wees.  Dit is die huidige wengroep se laaste geleentheid na ‘n ongelooflike jaar van teruggee aan die gemeenskap, vriende bou en baie leer.

“Verder kan die gaste hulself gereed maak vir spoggerige uitrustings, heerlike eetgoed, asook uitmuntende klank en beligting. Boonop is daar ‘n opwindende lys van kunstenaars wat die gaste gaan vermaak,” vertel Coetzee.

Sy sê  die visie van die Mev Bloemfontein-kompetisie is om vroue op ‘n asemrowende reis te neem; een van selfontdekking. Die kompetisie streef daarna om vir deelnemers uitdagings te gee wat hulle nog nooit vantevore in die gesig gestaar het nie.

“Dis ‘n projek van skoonheid, persoonlike groei en selfbemagtiging. Dis ook ‘n tyd van teruggee aan die gemeenskap,” sê sy.

Die kroning begin om 19:00 en kaartjies kos R400 per persoon (ligte verversings ingesluit).

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...