E Copy

Date:

Melkpryse kan voor die winter erg styg

CHRISTOPHER MOTABOGI

Verbruikers kan voor die winter vanjaar groot stygings in melkpryse te wagte wees.  Dit is weens die hoë insetkoste van suiwelboerderye en vandeesweek se aankondiging dat die minimumloon vir plaaswerkers opgestoot is. 

Die voorsitter van die Vrystaatse Melkprodusente Organisasie, Bernard Maree, meen baie boere sien nie meer kans om in die melkbedryf te bly nie. Ondanks die hoë insetkoste, het melkpryse met 20% in die afgelope jaar afgeneem.

"Normaalweg word die pryse net voor die winter – Maart/April – aangekondig.  Daar is kopers wat reeds beweeg het om te sê wat dit gaan wees, maar ek nie die kopers moet nou kom met ‘n vyf of ‘n tien of twaalf sent nie.  Ek dink dit dit is minimum.  Ons sal moet beweeg na ‘n rand plus,"  sê Maree.

Hy meen die regering ignoreer die bydrae wat landbouers toevoeg, en dat die minimumloon wat aangekondig is, polities gemotiveerd is. "Ek glo boere is nie onwillig om die lone te betaal nie, maar gegewe hul inkomste en die onvolhoubaarheid daarvan, kan hulle dit net nie bekostig nie."

Met die nuwe minimumloon vir plaaswerkers van R105 per dag, sal dit op ‘n 52% verhoging in insetkoste vir boere beteken. 

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...