Na die negatiewe pers die afgelope tyd oor ons geliefde sport, wil ek die volgende aan die publiek deurgee. Die stokperdjie, deesdae ’n beroep of finansiële bedryf en na aanleiding daarvan dat wedvlugduiwe al vir bedrae van R800 000 verkoop is. Dis ’n stokperdjie met baie fasette. Die liefhebber moet eerstens ’n baie groot liefde vir diere (in dié geval – veral wedvlugduiwe hê). Die liefhebber moet kennis hê van: teling, voeding, afrigting en gesondheidsorg.
Die wedvlugduif is spesiaal geteel vir die doel om aan wedvlugte deel te neem. Oor die wêreld heen word die sport beoefen. Selfs bekendes soos: die koningin van Brittanje, sjeiks van die Arabiese lande, sportmanne soos Mike Tyson, sanger Bles Bridges ens. In die Rosestad alleen is daar ongeveer 120 liefhebbers van alle denominasies, beroepe, ouderdomme en geslagte. Kyk maar gedurende die wintermaande hoe groepies duiwe (soos David Kramer dit uitdruk: “vlieg sirkels teen die blou”) bokant Bloemfontein vlieg. Dit is seker een van die mees bevredigende, maar ook veeleisendste stokperdjies/sportsoorte – 365 dae van die jaar.
Lees res van die brief op Bloemfontein Courant se webwerf.
Duiweliefhebber, Bloemfontein