E Copy

Date:

Meerdoelige voergewasse ideaal vir voervloeibeplanning: November 2012

Eenjarige somerweiding, waarvan voersorghum sekerlik die bekendste is, is besonder waardevol as voergewasse vir volgehoue diereproduksie. Boonop is sulke gewasse by uitnemendheid geskik sodat groot hoeveelhede voer binne ’n relatief kort periode geproduseer kan word.

Die feit dat sulke voer as kuilvoer, staandehooi, sny en voer (“green chop”) of as groenweiding aangewend kan word verhoog die benutbaarheid daarvan. Vir die somerseisoen wat pas afgeskop het kan beslis kennis geneem word van veral vier van Pannar se eenjarige somerweidings. Dié viertal, naamlik PAN 888 (normale sorghum x Soedanbaster), PAN 868 (laatblommende sorghum x Soedanbaster), Silage King (graansorghum x soghobaster) en Basterbabala (Pennisetum glaucum) het elk besondere eienskappe wat dit vir verskillende aanwendings geskik maak.

PAN 888
Die hergroei daarvan is uitstekend en dit word aanbeveel in ? weidingstelsel waar die weiding twee tot drie keer benut word. PAN 888 is ook ’n uitstekende keuse om as gesnyde/gekerfte voer (“greenchop”) benut te word. Dit is moontlik van al die voersorghums die gehardste en wydste aangepas.
PAN 868
Hierdie sorghum/sudan kruis is baie hoog in suikerinhoud (tot 15.3% Brix) en beskik oor ’n baie hoë opbrengspotensiaal. PAN 868 bly lank in ? vegetatiewe groeifase en gee verhoogde produksie van blare en gehalte vreetbare stamme. Vir hierdie rede produseer dit ook ? baie hoër groenmateriaalopbrengs per hektaar as die gewone Soedan-kruisbasters. Sy hergroei is redelik, maar nie naastenby so goed soos PAN 888 nie. PAN 868 se hoë opbrengspotensiaal kom tot sy reg wanneer dit gelaat word om eenmalig uit te groei en dan as “greenchop”, of as weiding, of vir kuilvoer gesny te word. Die hoë suikerinhoud daarvan maak dit ook geskik as staandehooi vir benutting in Mei tot Junie.

SILAGE KING
SILAGE KING is ? graansorghum x soghobaster (ook genoem ’n sorgho-kruis of soetriet-tipe). Dit het ? baie hoë suikerinhoud en produseer ook heelwat graan. Met hierdie eienskappe is dit eerstens by uitstek geskik vir die maak van kuilvoer, maar kan ook goed as staandehooi benut word.

MILKSTAR
MILKSTAR is ? Basterbabala en is blousuur vry en daarom ook geskik as voer vir perde. (Babala het geen blousuur risiko’s nie). Dit groei baie vinniger en skiet ook gouer saad as die meeste voersorghums (blom gouer). Die gewas is blaarryk en ook goed aangepas op sanderige grond.
Die is ’n uitstekende keuse as weidingsgewas, alhoewel dit nie baie hoog in suikers is nie (± 10%) gee dit baie vinnig kos en is die hergroei ook baie goed. MILKSTAR word baie goed deur skape benut, omdat hy nie so hoog groei nie. As dit in rye geplant word, loop die skape gewoonlik in die rye af en vreet baie lekker aan MILKSTAR.

Navrae: Skakel Pannar se naaste verteenwoordiger of landboukundige of Jan Coetzer, produkbestuurder voergewasse, by 082 779 4535. Hoofkantoor: Tel. 033 413 9500. E-pos: infoserve@pannar.co.za
Besoek ook Pannar se webwerf by: www.Pannar.com

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...