Meer laerskoolkinders stap skool toe in VS

0
858

Al hoe meer laerskoolkinders in die Vrystaat moet daagliks vir meer as 30 minute skool toe stap. Volgens die 2014/2015 jaarverslag van die nasionale departement van Basiese Onderwys moes 4.6% van kinders tussen 5 en 6 jaar in 2014 met dapper en stapper by die skool kom. Dit is meer as die 3% wat in 2013 aangeteken is. Dit is ten spyte van die feit dat die Vrystaatse departement onderwys miljoene rande per jaar begroot vir die vervoer van leerders skool en terrug. Intussen is dié verantwoordelikheid nou na oorgeplaas na die provinsiale departement van polisie, paaie en vervoer. LUR Butana Komphela het aan Courant gesê dat daar R40m vir vervoer van leerder vir die huidige boekjaar begroot is. Die tenderprosedure vir die verskaffing van skoolbusdienste en die padvaardigheid van busse is van die probleme wat deur die Ouditeur-Generaal is sy prestasie verslag oor die onderwyssektor, wat vroeër vanjaar uitgereik is, uitgewys is. – Cathy Dlodlo