Medaljes vir klub op Vrystaat Karate Ope

0
519

Die Bloemfontein Martial Arts Academy het uitstekend op die jaarlikse Vrystaat Karate Ope gevaar en nie minder as 12 medaljes verower nie. Chrismari Venter het in die meisies o.9 kata goud verower, terwyl Louis Marais in die veterane-afdeling bo 35 jaar twee medaljes ingepalm het. Hy neem nog net meer as ’n jaar deel en het teen gesoute karateka van die Vrystaat te staan gekom. Nogtans het hy brons in die kumite en kata verower.