Matriekseun glimlag breed na kolhou

0
2258
Jacques Els (tweede van regs) vier sy kolhou Sondag met sy pêlle. Van links is Wium Erasmus, Andrew Rauch, Jacques, en Gunter van Rensburg.

Toe Jacques Els, matriekleerling van Grey-kollege op Sondag 13 Maart saam met sy pêlle by die Bloemfonteingholfbaan opdaag vir ‘n potjie sosiale gholf, het hy nooit kon droom dathy as ‘n held van die baan sou afstap nie.

Die geluksgodin was op dié dag ongetwyfeld aan Jacques se kant toe hy by die elfde putjie ‘n onverwagse kolhou geslaan het! Hy sê hy was stomgeslaan. Hy en sy pelle het mekaar net aangestaar en kon dit nie glo nie.

Ek het dadelik my ma gebel toe ek die bal in die gatjie sien. Sy was ook baie bly, en kon dit eers nie glo nie. My pa was ook stomgeslaan, maar het baie breed geglimlag.

Ek speel al van kleinsaf saam met my oom en vriende, en hou baie daarvan om ‘n sport te beoefen wat rustig is en ook baie met jou kop werk. Ek speel meestal sosiaal saam my vriende wanneer ek ‘n kans kry,” sê ‘n beskeie Jacques.

Blykbaar het daar aanvanklik erge verwarring onder die groepie vriende geheers oor wat nou eintlik van Jaques se bal geword. Groot was hul verbasing toe hulle besef Jacques het ‘n droomhou geslaan.

Hoewel hy baie dankbaar is vir die kolhou, dink hy nie hy sal gholf as ‘n professionele sport beoefen nie.

Gholf was nog altyd ‘n baie groot sport en ook een van die moeilikste sportsoorte wat mens kan beoefen. Ek gaan nie die tyd hê om so hard te werk soos die professionele gholfspelers nie. Maar ek wil steeds die sport geniet saam met my pêlle.”

Dié kolhou word glo deur die gholfklub erken en daar is blykbaar selfs sprake van prysgeld vir Jaques.

Pieter Delport

pieterd@mahareng.co.za