Matrieks moet hul bes doen in alle vakke, maar huistale word beklemtoon

0
802
LUR van Onderwys, Tate Makgoe

Altesaam 17 880 matriekleerlinge in die Vrystaat het vanoggend begin om hul eksamen in Sesotho, vraestel 1, af te lê. Die LUR van Onderwys, Tate Makgoe, het die Seemahale Sekondêre skool in Botshabelo buite Bloemfontein besoek om die verloop van die nasionale matriekeksamen, wat op 23 Oktober begin het en tot 28 November duur, te monitor.

Makgoe het dié skool besoek omdat dit een van die skole is wat jaarliks die meeste matriekleerlinge oplewer. Die skool vaar ook jaarliks goed in die vak Sesotho.

Altesaam 329 matrikulante aan dié skool het omstreeks 09:00 aan hul vraestel in Sesotho as huistaal begin skryf.

Makgoe sê die besoek aan die skool het ook ten doel om die belang van Sesotho as huistaal op skool te beklemtoon omdat sowat 80% van die matriekklas van 2017 in die Vrystaat Sesotho as ‘n huistaal op skool het.

Daar is vanjaar altesaam 17 823 heeltydse gr.12-kandidate in die Vrystaat met Sesotho as huistaal, terwyl daar slegs 57 deeltydse kanidate is wat die vak het.

Altesaam 436 kandidate in die provinsie het Sesotho as ‘n eerste addisionle taal en 134 kanidate het dit as ‘n tweede addisionele taal.

Matriekleerlinge oor die land heen lê vandag vraestelle in Sepedi, Sesotho, Setswana, Xtonga, Tshivenda as huistaal en eerste en tweede addisionle tale af.

Christal-Lize Muller / OFM NEWS