Matlosana en Eskom vergader oor krag

0
431

Owen Kock

Bloemfontein. – Die Matlosana Munisipaliteit in Noordwes het reeds ‘n bedrag aan Eskom oorbetaal om te verhoed dat die munisipaliteit se krag môre afgesny word.

Dis volgens die burgemeester Mike Khaue. Die munisipaliteit en Eskom vergader vanoggend in ‘n laaste poging om te vehoed dat die munisipaliteit sonder krag sit.

Khaue het aan Courant gesê, hulle onderhandel sedert Maandag met Eskom om te verhoed dat tot dié dratsiese stap oorgegaan word. Daar word beweer dat die munisipaliteit die kragvoorsiener R92 miljoen skuld.

“Die R92 miljioen is die verkeerde bedrag. Die bedrag wat geskuld word is R83 miljoen en ons het reeds van die geld aan Eskom betaal, soos ons met hulle ooreengekom het,” het Khaue gesê.

Hy het bygevoeg dat Eskom dalk ‘n punt wil maak deur te wys dat hulle ‘n munisipaliteit se kragtoevoer kan afsny.

“Dit is ‘n proses (vergadering oor die afsny) wat ons moet volg en dit is frustreerend maar ons sal tot die laaste dag nog onderhandel,” het hy gesê.