E Copy

Date:

Massiewe familiedag wag dié Braaidag op Bloemfonteiners

Dit is eersdaags weer Erfenisdag, oftewel Braaidag, soos wat dit al vir meeste Suid Afrikaners bekend staan.

Op 24 September kan mense saamtrek na die Be Human Middelwater-plaas waar bekendes soos Bok van Blerk, Ricus Nel, Refentse en Adam Tas almal wat dit bywoon lekker gaan laat saam sing terwyl vure in die agtergrond brand.

Die idee het reeds in 2020 ontstaan terwyl die Be Human-span die beplanning vir die jaar gedoen het en daar besluit is om iets groots vir braaidag te doen. Ricus Nel se treffer “Hardekole” was in daardie stadium die grootste treffer, en net daar en dan is besluit op dié kunstenaars.

’n Paar maande later moes hulle egter kanselleer as gevolg van Covid-19. Nie net kan mense na die groot name op die verhoog uitsien nie, maar ook na die rugbytoets tussen die Springbokke en Argentinië, wat op ’n groot skerm uitgesaai gaan word.
Daar sal ook ’n Weber-braaihoekie wees waar daar lekker vleis oor die kole gegooi kan word.

“Op 24 September vier ons ons erfenis. En wat erfenis vir my beteken, is om nooit te vergeet waar jy vandaan kom nie. Ons het baie verskillende kulture in die land en jy moet trots wees op jou kultuur en dit nooit vergeet nie. Dit is waarom ons Erfenisdag vier, beter bekend in my terme as Braaidag,” sê Ricus Nel.

Vir pryse en meer inligting, besoek Computicket.

Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Life Rosepark Hospital makes history with first CRT-D Implant in Free State

Life Rosepark Hospital, is proud to celebrate a remarkable...

UFS to participate in robotic surgeries for Mandela Month

To commemorate Mandela Month, the University of the Free...

Shootout leads to two fatalities in Odendaalsrus

The Free State police have arrested a 37-year-old man...

Mandela View: Planned power interruption scheduled for tomorrow

Centlec a planned power interruption notice for Mandela View...