Martie-leerders skerp vaardighede op

0
384

Die Martie du Plessis skool se vaardigheidsklas het onglangs hulle eie geskenkwinkel (Hartsgoedjies) op die been gebring.  Dit in ‘n poging om leerders toe te rus in die vervaardiging van produkte, geldhantering en sosiale vaardighede soos kommunikasie tydens verkope.

Daar is hard agter die skerms gewerk om te versker alles is in orde vir die opening wat Vrydag by die skool plaasgevind het. Leerders tussen die ouderdom van 11 en 16 jaar het self die items gemaak.

Tydens die verkope het elkeen ‘n beurt gekry om op die kasregister te werk en die geskenke in sakkies te verpak.  Onderwysers en ouers het tou gestaan vir die gesogte produkte.

Cornelia Deacon en Petro du Plessis is die twee arbeidsterapeute wat die winkel en die twee klasse koördineer.  Verskeie ander vaardighede soos administratiewe vaardighede, huishoudelike vaardighede, restaurant, kelner vaardighede en naaldwerk word ook deurlopend binne die klasse aangespreek om leerders optimaal voorteberei vir werksmoontlikhede.

 

Die leerders van Martie du Plessis se eie handewerk. 

 

-Mark Steenbok