Martie du Plessis se Aand van die Sterre ky ‘n nuwe baadjie

0
186
Microphone with beams of light

Martie du Plessis-skool bied hierdie jaar steeds die skool se gewilde Aand van die Sterre aan, ten spyte daarvan dat hulle nie hul getroue vriende en ondersteuners kan onthaal soos wat beplan was vir die vertoning op 10 September 2020 nie.

Volgens ‘n persverklaring van Martie du Plessis wil die skool nogtans al hul getroue vriende bemoedig met die boodskap: “Giving up is not an option”. Ondersteuners sal dus ‘n videogreep ontvang van Grant Lottering, wat die gasspreker sou wees, en wat byna sy lewe verloor het na ‘n fietsongeluk ontvang en ‘n videoskakel van Demi Lee Moore, wat die gaskunstenaar sou wees, sowel as ‘n video van twee van die skool se leerders wat weens hulle gestremdheid elke dag opnuut die keuse moet maak om nie op te gee nie.

“Ons wil die gemeenskap aanmoedig deur die verhale van hierdie twee leerders en God loof vir al die seëninge wat ons elke dag as vanselfsprekend aanvaar. Ons weet dat sakelui swaar getref is tydens die grendeltyd en wil hulle aanmoedig om nie moed op te gee nie.”

Volgens die skool beplan hulle om volgende jaar op 16 September die gewone Aand van die Sterre aan te bied met Grant Lottering as gasspreker, GP van Rheede van Oudtshoorn as seremoniemeester en Demi Lee Moore as gaskunstenaar. “Ons tema sal wees ‘’n Lewe van krag’.”

Die Aand van die Sterre is jaarliks Martie du Plessis-skool se enigste fondsinsamelingsveldtog. Ongelukkig kon dit hierdie jaar nie realiser nie en ’n verlies aan inkomste van nagenoeg R350 000 is deur die skool gely. Die skool versoek ondersteuners, indien hulle op enige manier steeds ’n bydrae wil maak, om Wendy by wlategan2@gmail.com te kontak.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za