Martie du Plessis golf-speler blink uit

0
1025
Mark Steenbok

‘n Golf speler van die Martie du Plessis skool, Enrique van Wyk, het onlangs aan die jaarlikse Nedbank Suid Afrikaanse  Ope-kampioenskap vir gestremdes deelgeneem.

Dit het vanaf 3-8 Mei by die Zwartkop Country Klub  in Johannesburg plaas gevind, waar van Wyk uitstekend vertoon het.

Hy het in twee afdelings gewen en is gekroon as die SA Kampioen in sy voorgee-groep van 19-36 (Handicap 19-36). Hy het verder   twee trofeë in die Les Autres afdeling ontvang.