E Copy

Date:

Martie du Plessis bied fietswedrenne en padwedlope aan

Martie du Plessis-skool in Bloemfontein begin 2014 op ’n hoë sportnoot.

Twee sportgeleenthede word vandeesmaand deur die skool gehou om geld vir sportontwikkeling in te samel.

Saterdag bied die skool fietswedrenne oor afstande van 15, 30 en 60 km op ’n veilige sirkelroete aan.

Inskywings kan Saterdagoggend van 07:00 by die Martie du Plessis-skool gedoen word. Vir meer inligting kan Dean Coetzee by 082-925-5731 gebel word.

Vir leerlinge van die skool kos dit R20 om aan die 15 km-wedren deel te neem, terwyl ander deelnemers elk R40 moet betaal. Dit kos R80 om aan die wedrenne oor 30 km en 60 km deel te neem. Daar sal ook gelukstrekkings vir pryse wees.

Hardloop vir jou lewe, is ’n 10 km-padwedloop asook ’n pretdraf of –stap oor 5 km wat deur die skool in samewerking met die Nedbank Achillesklub om Saterdag 25 Januarie aangebied word.

Deelnemers sal om kontantpryse asook medaljes meeding. Inskrywings kan reeds op 24 Januarie tussen 16:00 en 18:00 by die skool gedoen word of voor die wedren Saterdag tussen 05:30 en 06:30 by die skool.

Dit kos R50 om aan die 10 km-wedloop en R25 om aan die pretdraf of –loop deel te neem.

Deelnemers aan 10 km-wedloop spring om 07:00 weg, terwyl deelnemers aan die pretloop en –draf om 07:15 begin.

Toeskouers en deelnemers kan ook hul motors by die skool teen R25 laat was.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...