Markdag weer gehou

0
729

Kids-Carnival vir skole-entrepreneurs vind vanjaar plaas op 26 Oktober by die Kinder-en-Jeugsorgsentrum se speel terrein. Een van die vernaamste doelwitte met dié groot entrepreneurskapprojek is om kinders te leer hoe om hul eie onderneming te bestuur. Die mark fokus op kinders, maar sluit ook skole en ouer-gemeenskappe in. Kids-Carnival is ’n entrepreneursprogram spesiaal vir kinders en laat hulle hul ware verkoop op ’n besige vlooimark terwyl hulle deur ’n groep beoordelaars beoordeel word. Die beoordelaars gaan op soek wees na die beste produk, die beste stalletjie en die beste verkoopspan. Tesame met die markdag kan kinders deelneem aan die “Kids got Talent” talentkompetisie of selfs kyk wie die kroon sal dra vir Mej Kids Carnival of Meneer Sterkman.
Die inskrywingsproses is eenvoudig. Al wat daar van jou vereis word, is om ’n inskrywingsvorm te voltooi, ’n sakeplan op te stel en dit aan die streekskoördineerder (Z PR) te stuur. Inskrywings is gratis vir die entrepreneurs-kategorie.
Sodra jy in kennis gestel word dat jou ongelooflike idee goedgekeur is, kan jy na die Kids Carnival op 26 Oktober kom en jou ware op die vlooimark verkoop. In die verlede het kinders hope opwindende artikels soos kraletjie-armbande, handsakke, découpage-kerse, papiermâché-spaarvarkies, geverfde kussingoortreksels en nog vele meer gemaak.
As jy belang stel om deel te neem aan die Kids Carnival of om te kwalifiseer vir “Kids Got Talent”, moet jy vir Lynne of enigiemand van die Z PR-span by die karnaval-hulplyn bel – 051-522-9574 of e-pos kids@zpr.co.za. Onthou jy moet tussen die ouderdom van 6 en 17 wees om aan die Kids Carnival of die talentkompetisie deel te neem. Inskrywings word beperk, so bel nou! Vir meer inligting, besoek die webwerf by http://www.zpr.co.za/carnival