Marie van Pentagonpark

0
633

Ek wonder partykeer of mense wat welgesteld lyk ook sukkel soos ons.  Ons het weelderige motors, verdien groot salarisse en op die oog af gaan dit goed met ons. Ek het ons leefstyl afgebring en ons eet miskien twee keer ’n maand lamsvleis.  Die res van die tyd is dit varkvleis.  Dit is egter so dat ons nie eens met vakansie kan gaan in Desember nie.  My kinders is al tieners en hulle is ongelooflik teleurgesteld.  Dit is die eerste keer dat ons platsak vir Kersfees by die huis gaan sit en nie by die see gaan wees nie.
Is daar nog mense in my situasie daar buite?