Downing-straat het vanoggend bekendgemaak dat die begrafnis van Baronnes Margaret Thatcher op Woensdag, 17 April sal plaasvind.
Die 87-jarige oud-Eerste Minister is gister oorlede na verskeie beroertes. Die begrafnisdiens, met volle militêre eerbetoon, sal in Londen se St. Paul’s Katedraal plaasvind en sal deur die Koningin en die Hertog van Edinburgh bygewoon word.
Sy sal nie ‘n staatsbegrafnis ontvang nie, maar sal dieselfde status as Prinses Diana en die Koninginmoeder geniet. Thatcher was die Verenigde Koninkryk se eerste en enigste vroulike Eerste Minister en het van 1979 tot 1990 in die pos gedien.
– BBC