Mans wat boervrou martel steeds op vrye voet

0
1388
Die twee mans wat vermoedelik ‘n bejaarde vrou op haar plaas in die Kalbasfontein- omgewing vir eitlike ure gemartel het, is steeds op vrye voet.

Dit kom nadat ‘n 64-jarige Vrydagoggend deur twee mans by haar plaas se hek oorval en later na haar huis geneem is waar sy glo met ‘n skerp voorwerp gesteek en later met elektriese gereedskap gemartel is.

Sy is na ‘n hospitaal in Vereeniging gehaas.

Die twee verdagtes het met die vrou se handwapen, voertuig en ander artikels op die vlug geslaan. Die motor is later by die plaas se hek opgespoor.

Polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, sê ondersoek in die saak duur voort.

-Mark Steenbok