Dankie vir die insiggewende artikel oor mans wat ook slagoffers van gesinsgeweld is. Ek het jare terug saam met ’n man gewerk wat probeer selfmoord pleeg het en onsuksesvol was. Wat toe na vore gekom het is die manier waarop sy vrou en tienerseun hom afknou en aanval dat hy geen beter uitweg gesien het as om selfmoord te pleeg nie. In my lewe sou ek dit nooit geglo het as ek dit nie self gesien het nie. Gelukkig het die samelewing aansienlik meer verlig geword, want dis deesdae makliker om te sê jy sien ’n sielkundige, want almal doen dit. En dis goed dat mans ook besef hulle het ’n sagte kant. Hulle is baie beter pa’s as in die ou dae.
Hester v.d. Berg