E Copy

Date:

Mans en vroue keil mekaar in SVS-rolbal op

Twee Suid-Vrystaatse rolbaltoernooi het in Bloemfontein plaasgevind en sterk mededinging het goeie rolbal in albei toernooie verseker.

In die Suid-Vrystaatse Ope, Meesters, Presidente, Senior en Nuwelinge vir mans het 12 spelers in elke afdeling is genooi om meegeding.

In elke katogorie is daar in twee afdelinge onderling meegeding waarna die afdelingwenners mekaar in die eindronde gepak het. Henry Fourie (Goedemoed) en Mickey Knoesen (Munisipaliteit) het na die eindstryd van die Ope deurgedring. Fourie het met die titel weggestap.

In die Presidente-eindstryd is ook baie goeie rolbal gelewer en hier het die jong Hugh-Hendrik van der Watt (Oud-Studente) teen Ian van Rooyen (Munisipaliteit) te staan gekom en dit was Van der Watt wat die titel verower het.

In die Senior Meesters het die twee ervare spelers Giel van Heerden(Orangia) en Sol Lubbe (Munisipaliteit) sake uitgespook met Van Heerden wat koning gekraai het.

Twee klubmaats van Munisipaliteit, Hans Wagener en Jason Bithrey, het teen mekaar in die eindstryd van die Nuwelinge-kompetisie gespeel en dit was Wagener wat die titel ingepalm het.

Topvroue het mekaar ook in die Suid-Vrystaatse Ope, Presidente en Senior Meesters-toernooi in Bloemfontein gepak.
Die twee spelers van Goedemoed, Derene Fourie en Yolanda Watkins, was in die eindstryd van die Ope slaags en Fourie het met die titel weggestap.

In die Presidente-kompetisie het Joke van Schalkwyk (Koffiefontein) te staan gekom teen die jong Cecile Krige (Oud-Studente) en hier het Van Schalkwyk gemaklik gewen.

In die Senior Meesters het Suzanne Brandt (Oud-Studente) te staan gekom teen Denise Glaun (Munisipaliteit). Brandt het aanvanklik uitmuntend spel gelewer en was gemaklik voor, maar Glaun het teruggeveg om die titel vir die tweede jaar in te palm.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...