Manne kuier met Andries Vermeulen

0
155
Andries Vermeulen FOTO: FACEBOOK

Manne wat ‘n aand saam met ‘n paar pelle wil geniet, lekker lag, braai en ‘n sopie vat, moet hul gereed maak vir Jim Fouché se Manne-aand wat in Maart plaasvind.

Die komediant, sanger en mede-aanbieder van die geselsprogram op kykNET, Oppiestoep, Andries Vermeulen, gaan sorg dat die klomp manne skater van die lag en heerlik saam kuier. Om die aand bietjie van ‘n anderse gevoel te gee, word die manne gevra om enige rugbytrui te dra en sommer ook gees te vang vir die rugbyseisoen en die Wêreldbeker wat voorlê.

‘n Steakbraai is op die spyskaart vir die aand, daar sal ‘n kontantkroeg wees en ‘n veiling sal gehou word om te sorg vir ekstra opwinding.
Die Manne-aand is maar net een van die aktiwiteite hoe Jim Fouché-skool sy 60ste verjaardag vier vanjaar.

Dit vind op 8 Maart in Jim Fouché se skoolsaal plaas. Kaartjies kos R300 per persoon of
R3 000 vir ‘n tafel. Lekker lag en pret word beslis gewaarborg en belangstellendes word genooi om so gou moontlik kaartjies te koop om teleurstelling te voorkom.
Kaartjies is beskikbaar by Schalk Malherbe. Stuur gerus ‘n e-pos na schalk2@jf.co.za of kontak hom by 079-841-5313. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za