E Copy

Date:

Mangaung het tweede kortste stembrief

Kiesers in die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan die tweede kortste stembrief van alle metro munisipaliteite landwyd kry tydens die 2016 Munisipale Verkiesing. Volgens die OVK gaan net 14 politieke partye in dié gebied aan die verkiesing deelneem. Die kortste stembriewe gaan in Buffalo City in die Oos-Kaap – waar net 12 politieke party deelneem –  aan kiesers uitgedeel word. Die langste stembrief gaan in Kaapstad uitgedeel word waar kiesers ‘n kruisie kan maak tussen ‘n keuse van 36 politieke partye. Die OVK het vroeër aangedui dat ‘n rekord getal politieke party vanjaar aan die verkiesing gaan deelneem. In terme van plaaslike munisipaliteite het die Richtersveld-munisipaliteit in die Noord-Kaap die kleinste proporsionele stembrief met net drie partye wat in die gebied tot die verkiesingstryd toegetree het – Cathy Dlodlo

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...