Duane Petrus – ‘n Man het vandag sy tweede versyning in die Smithfield-landdroshof gemaak in verband met die onlangse moord op ‘n bejaarde vrou in haar huis.
Die woordvoerder van die NVG, Phaladi Shuping, sê die saak is uitgestel om die beskuldigde, Motlatse Raphael, tyd te gee om met sy regspan te konsulteer.
Raphael word aangekla van die moord op 77-jarige Helen Badenhorst wat dood haar huis aangetref en glo op kort afstand in die kop geskiet is.
Raphael is ‘n paar dae later met die oorledene se pistool aan hom by ‘n vriend se huis aangekeer.
Die gesteelde Plasma-TV en kringtelevisiebeeldmateriaal is by die verdagte se huis gekry.
Die oorledene was die vrou van ‘n gewese burgemeester van die dorp.
Sy was ook vir jare die voorsitter van die dorp se gemeenskapsforum.
Hy sal op 16 April aansoek om borgtog doen.
Date: